Meer oor die Potgieters

Veilige, betroubare en bekostigbare passasiersdiens. Potgieters Passasiersdiens is baie gesteld op hul kliënte se veiligheid, gerief en stiptelikheid. André is alleen eienaar en bestuurder van ‘n luukse bussie wat te alle tye veilig en professioneel bestuur word, sodat sy passasiers altyd veilig en betyds by hul bestemming besorg word. Hy toon respek en bedagsaamheid teenoor sy passasiers.

Die bussie beskik oor die nodige spasie en lugreëling ( koud en warm ). Ons strewe en passie is om ‘n betroubare, veilige en bekostigbare diens aan alle persone ongeag hul ras, geslag, ouderdom, geloof of gebrek te bied.