Besprekingsreëls
Kanselasies
- Minder as 24 uur Voor Vertrek: Geen terugbetaling of herskedulering sal toegelaat word nie
- Meer as 24 uur Voor Vertrek: 'n Voucher vir herskedulering sal uitgereik word, geldig vir 4 maande
Let asseblief op die volgende voorwaardes
- Alle plekke moet vooraf bespreek en betaal word op die dag van bespreking.
- Onbetaalde besprekings sal gekanselleer word sonder enige verdere kennisgewing.
- Geen terugbetalings sal gedoen word vir passasiers wat nie opdaag nie.
- Alle bankdepositos moet bevestig word deur die deposito-strokie aan ons te faks - 044 272 7146
- Wees asseblief 15 minute voor die aangetoonde vertrektyd by die oplaaipunt, aangesien die bussie stiptelik op die genoemde tyd vertrek.
- Moenie die bus verlaat sonder die bestuurder se toestemming nie.
- Merk asseblief u bagasie duidelik vir uitkenning.
- Geen kartondose, kratte of losgoedere (slegs tasse of sakke).
- Drie tasse of sakke per passasier.
- Geen troeteldiere.
- Moet asseblief nie opstaan uit u sitplek terwyl die bus beweeg nie. Ons is nie verantwoordelik vir enige beserings nie.
- Hoewel ons alles in ons vermoë doen om te verseker dat die bussie betyds is, aanvaar ons geen verantwoordelikheid vir buse wat laat is nie.